| | Die geskikte kandidaat is ‘n emosioneel volwasse persoon met uitstekende menseverhoudinge, goeie kommunikasie en organiserings vaardighede, asook sterk interpersoonlike en leierseienskappe. U is toepaslik gekwalifiseerd met ‘n graad en/of diploma in Menslike Hulpbronbestuur en/of besig om dit af te studeer en/of beskik oor bewese ervaring in die dissipline. U is rekenaarvaardig in MS Office, die Internet en beskik oor ‘n geldige E of EB voertuiglisensie.
U sal verantwoordelik wees vir:
* Implementering en monitering van personeel en verwante beleide, asook nakoming van statutêre riglyne en voorskrifte.
* Koördinering en monitering van die proses van Prestasiebestuur.
* Koördinering van verwante aktiwiteite tot in diens- en uitdienstrede, asook die induksie proses.
* Deelname aan en rekordhouding van arbeidsverhoudinge aktiwiteite en aksies.
* Koördinering van vergoedings administrasie en werknemer byvoordele.
* Toepassing en rekordhouding van dissiplinêre prosesse.
* Beplanning en koördinering van vaardigheidsontwikkeling programme en aktiwiteite.
* Koördinering en rapportering van die volgende prosesse: WSP / ATR en “Employment Equity”.
* Algemene administrasie (rekordhouding, notules, liassering, verslagdoening, ens).
* Periodieke rapportering, verslag voorbereiding en data vaslegging t.o.v. personeel strategie, prosesse en werksaamhede.
Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in:
- lidmaatskap tot ‘n uitstekende aftree- en mediesefonds; ruim verlof en ‘n jaarlikse bonus.
Rig aansoeke met ‘n aansoekbrief, volledige CV en afskrif van Identiteitsdokument aan:
Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne
Posbus 544
Upington
8800
Aansoeke kan gefaks word na (054) 3324408 of per e-pos gestuur word aan: auret@owk.co.za Vir meer inligting kan u met Auret Nagel skakel op 054 3378800 of 084 581 5320.
Kandidate wat geen reaksie ontvang vier weke na die sluitingsdatum nie, kan aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was. Die werkgewer is onder geen verpligting om die posisie te vul nie. |