Die oes van die afgelope jaar het, weens die geweldige omvang, baie insette van die wynbereidingsper-soneel geverg. Die koelkopbena-dering van hierdie personeel, ge-loof in hulself en die vaartbelynde stelsel, het egter verseker dat die 2004-oes van sukses getuig. Die aanloop tot die oes is veral in die beginstadium deur ‘n wipplank-effek gekenmerk. Waar aanvanklik gereken is op ‘n groot oes, laat groot rypskade gedurende September 2003 en haelskade gedurende Oktober, die skaal swaai na ‘n ondergemiddelde oes. Moedernatuur se wonderhand het egter weer hoop laat opvlam toe baie van hierdie beskadigde wingerde teen alle verwagting herstel het (tot ‘n mate wat alle kenners verbaas het). Groot reën-skade in Januarie oor veral die sentrale gebiede, verydel die optimisme en voorspellings van ‘n moeilike, nat jaar, donsskimmel, roes en ‘n kleiner oes word gemaak. Eksterne faktore laat die voor-bereiding vir ‘n groot oes egter voortgaan en helaas, na die groot reën, verloop sake meer gunstig en die voorafbeplanning blyk nood-saaklik te gewees het. Vroeg in Februarie begin die produksiespan voorbereidings tref vir ‘n inname wat op daardie stadium op ongeveer 170 000+ ton, die grootste ooit, geraam is. Weekliks word hierdie syfer hersien en dit bly toeneem. Aan die einde van Februarie is dit duidelik dat alle verwagtinge oortref gaan word en die oes word op 183 000 tot 185 000 ton geskat. Aan die einde van die oes toon syfers ‘n fenomenale rekord-inname van 184 361 bruto ton (194 818 ton @ 20 °B). Ten spyte van die groot oes is die belangrike aspekte nl. gehalte wyne en goeie produk-verspreiding nie nagelaat nie. Alle mikpunte is bereik met betrekking tot volumes goeiewyn, rabat, sap en distilleerwyn. Dit is egter te vroeg om ‘n opinie uit te spreek oor die gehalte van wyne. Alhoewel dit algemeen aan-vaar word dat ‘n hoër opbrengs van wingerde ‘n negatiewe effek op kwaliteit het, is die gehalteverbeteringsprojekte in sulke omstandighede duidelik merkbaar. Wyne wat aan-vanklik meer neutraal vertoon het, begin nou ontwaak in ‘n vrugteboord van geure en smake. Topwyne soos byvoor-beeld Merlot, Colombar en die Laat-Oeswyne, veroorsaak al groot opgewondenheid en dit is duidelik dat daar nog baie wyne is wat uit die erkende “na-gisting slaap” gaan ontwaak. Ná die bedrywige oes-inname kyk ons almal terug op ‘n rekord-oes en is dankbaar vir soveel seën van Bo, ook vir die lede vir wie die afgelope jare nie so gunstig verloop het nie. Produksie-groete Matthee van Scalkwyk PRODUKSIEBESTUURDER |