Die geskikte kandidaat is ‘n emosioneel volwasse individu met goeie menseverhoudinge, kommunikasie vaardighede en kan goed in spanverband funksioneer. U is toepaslik gekwalifiseerd en/of beskik oor die nodige rekenkundige vaardighede om die volgende funksies/verantwoordelikhede effektief uit te voer:
Maandelikse rekonsiliasie van bankrekenings.
Prosessering van kleinkas transaksies.
Prosessering van kredietkaart transaksies.
Nasien van kredietnotas.
Monitering van finansiële transaksies soos van tyd tot tyd vereis.
Meld asseblief die datum van diensaanvaarding en u benaderde salarisverwagting ten opsigte van totale koste van indiensname in u aansoek. Die vergoedingspakket sal vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding.
Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in:
- lidmaatskap tot ‘n uitstekende aftree- en mediesefonds
- ruim verlof,
-‘n jaarlikse bonus
Rig aansoeke met ‘n volledige CV aan: Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne
Posbus 544
Upington
8800
Aansoeke kan gefaks word na (054) 3324408 of per e-pos gestuur word aan: auret@owk.co.za Vir meer inligting kan u met Eduard Mostert by 045-3378800 skakel. U kan ook ons webtuiste besoek by www.orangeriverwines.com
Kandidate wat geen reaksie ontvang drie weke na die sluitingsdatum nie, kan aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was.
|