USER NAME
PASSWORD
Subscribe Today!
Become part of our free mailing list, and recieve the latest updates and news. Subscribe Now.
 
Rosé
R 21.20
View More...
 
Recipes

 



Hoender en Vars Vye Gereg
Wine Used: OWRC Red Port

BESTANDDELE:

hoenderstukke gelykstaande aan ‘n hele hoender (sny die borsstukke middeldeur)
minstens 2 hele vars vye (jy kan gedroogde vye ook gebruik) per porsie
botter en olyfolie om hoenderstukke in te braai
250 ml – 500 ml Oranjerivierwynkelders-rooi portwyn
250 ml hoenderaftreksel
4 lourierblare
lekker baie vars tiemie
seesout en swartpeper

INSTRUKSIES:

  1. Braai die hoenderstukke in die botter-olyfolie-mengsel tot lekker goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
  2. Jy kan die portwyn by die pansous voeg – of van voor af sonder die vettigheid in ‘n nuwe pot begin. Voeg die hoenderaftreksel, lourierblare en tiemie daarby en prut totdat alle geure lekker losgekom het. As jy van ‘n dikker sous hou, kan jy 10 ml mielieblom (maizena) met aftreksel meng, byvoeg en deurkook. Geur na smaak met sout en peper.
  3. Nét voor die opdienslag: Sny die vye in kwarte en sleep vlugtig deur die sous sodat dit deurwarm raak – maar nie begin konfyt kook nie. Verhit intussen die hoender, skep in ‘n mooi wit, vlak opdienskottel en giet die sous oor die warm hoenderstukke sodat die vye mooi lê. Tooi met vars tiemietakkies en dien op met gekookte aartappels of koeskoes. Slaaiblare hierby is ook goed.


Return to Recipes
 
»  Nouveau
»  Red Muscadel
»  Rosé
Shahied Joseph "I recently bought a Ruby Cabernet 2007 and was very impressed. keep up the good work and representing the Northern Cape proudly".
Mike Chilton"The wine arrived today, I’m impressed with the service"
Harry van Niekerk "Ek wil net se dat julle moet so aanhou en julle sal nog 40 JAAR bestaan. Baie geluk"
George Loe "we all got hooked on all the reds"
Dian Potgieter "Hou so aan met die goeie werk"
Terrance Guelpa "I must say the range is brilliant"
Home | Product Range | Terms And Conditions | Contact Us | Administration  
Links | RSS Feed
Not for sale to persons under the age of 18
Designed and Maintained by Web Studio